Boekkeuse - 21 Mei 24
Loading player...
In hierdie aflewering van Boekkeuse aangebied deur Amanda Botha het Jaco Barnard-Naudé in die ateljee kom kuier om oor sy digters debuut Om my kastele in Spanje te sloop te gesels. Nog 'n gas in die ateljee is Frances le Roux wat oor haar boek, Son en suurlemoene, praat. Antoinette Coetzee bespreek ‘n besondere roman deur Willie Hoods met die titel Claremont Daisy. Ons verwelkom ‘n nuwe medewerker, Ineke Slabbert, wat Cliffordine Norton se jeugboek, Ek sal vir jou verg, bespreek, en Joan Hambidge verken Hadley Twindle se essay bundel, Show me a place.