Georganiseerde landbou en provinsiale regering moet beter saamwerk in Noord-Kaap

Loading player...
Tydens vanjaar se Agri Noord-Kaap kongres in Kimberley, het president Willem Symington in sy openingsrede die nuwe politieke bestel aangeraak en gemaan dat die onus nou op die burgery is om toe te sien dat leiers verantwoordbaar gehou word. Hy't ook 'n pleidooi aan die provinsiale regering gerig om meer gereeld met die organisasie te skakel. In haar repliek het LUR Mase Manopole onderneem om met Agri Noord-Kaap te ontmoet en saam te werk om landbou in die provinsie uit te bou.
21 Aug 2024 6PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal kom toenemend voor en Vrystaat Landbou is baie bekommerd daaroor

Veediefstal is 'n georganiseerde misdaad en in bykans alle gevalle kan die inligting wat gegee is om die misdaad te pleeg, deurgetrek word na inligting wat van jou eie plaaswerkers verkry is. Die afgelope week is daar 45 skape in die Steynsrus gebied gesteel, en die lammers is padlangs doodgeslaan…
2 Sep 11PM 7 min