Mbombela-toets teen Argentinië uitverkoop

--:--
Die Springbokke se toets teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap volgende Saterdag is volledig uitverkoop. Die Bokke kan reeds die naweek hul eerste Kampioenskapstitel sedert 2019 buit as hulle die Pumas in Santiago del Estero verslaan. Die Argentyne is die enigste ander mededinger om die titel terwyl die Springbokke die enigste onoorwonne span in die kompetisie is. Die bestuurder van Mbombela-stadion, Roelf Kotze, vertel hoe die logistiek op die dag gaan werk.
16 Sep Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Beskerming van aasvoëls so noodsaaklik

Kerri Wolter van VulPro is ook genomineer vir 'n Indianapolis-prys, 'n baie gesogte prys wat natuurbewaarders vir hul werk vereer. Sy vertel hoekom aasvoëls een van dié belangrikste spesies in enige ekostelsel is.
20 Sep 8 min

Skenk Maandag bloed en red lewens

Die SANBS benodig bloed en nooi jou om Maandag in Witirivier jou bydra te kom maak. Palesa Mazibuko gesels daaroor met Sonop Ontbyt.
20 Sep 5 min

Groot koue die naweek op pad

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende weersveranderinge die naweek met temperature wat aansienlik sal daal - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die weerdiens, vertel wat ons kan verwag.
19 Sep 4 min

Graskop hou die naweek karnaval

Die eerste Graskop Erfenis Karnaval wat die naweek plaasvind, is gebore met die doel om vier plaaslike welwillendheidsorganisasies in hierdie toeristedorp, wat na kinders en diere omsien, by te staan.
18 Sep 8 min

Care for Wild-stigter vir Indianapolis-prys benoem

Petronel Nieuwoudt van Care for Wild is benoem vir die 2025 Indianapolis-prys. Die toekenning word dikwels beskryf as die Nobelprys vir dierebewaring en gee erkenning aan hierdie bewaarders wêreldwyd se inspirerende werk en prestasies.
18 Sep 9 min