Menseregtekommissie bekommerd oor vrouehostelle

--:--
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is bekommerd oor die toestande in vrouehostelle in Gauteng. Inwoners van die Helen Joseph-vrouehostel in Alexandra het toenemende gevalle van verkragting en roof aangemeld. Hulle het tydens 'n optog na die kantoor van die premier, Panyaza Lesufi, die lewensomstandighede as onuithoudbaar beskryf en sê rioolstortings, stukkende toilette en lekkende dakke is aan die orde van die dag. Zamantungwa Mbeki van die kommissie sê die klagtes moet aandag kry.
18 Oct 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NamPost stel digitale bankkanale bekend

NamPost het sy digitale bankkanale bekendgestel as deel van sy digitale transformasiestrategie, Project SKY. Dit sluit die bekendstelling van die NamPost digitale banktoepassing en internetbankdienste in, wat daarop gemik is om kliënte meer toeganklike en gerieflike finansiële dienste te bied. Dit is 'n belangrike mylpaal in NamPost se reis om…
18 Oct 12PM 1 min

Regshulp-kwalifikasieplafon 'belangrik vir geregtigheid'

Beduidende wysigings aan regshulpregulasies ingevolge die Wet op Regshulp is in Junie aangekondig. Die destydse waarnemende woordvoerder van die justisie-ministerie Edmund Khoaseb, het gesê die wysigings het ten doel om toegang tot geregtigheid vir arm Namibiërs te verbeter. 'n Persoon kwalifiseer nou vir regshulp as hul maandelikse inkomste nie 7…
18 Oct 11AM 1 min

Geen borg vir beweerde polis-moordenaars

'n Polisie-sersant van Limpopo, Rachel Kutumela, haar dogter en suster het vandag in die Streekhof in Polokwane verskyn oor beweerde versekering-verwante moorde. Kutumela staan tereg op ses aanklagte van moord en 12 van bedrog terwyl haar familielede van geldwassery aangekla word. Die owerhede beweer sy het versekeringspolisse op ʼn bedrieglike…
18 Oct 11AM 1 min

Verantwoordelike Motorfietsry-belofte goed vir omgewing, toerisme

Veldmotorfiets-toerisme het die afgelope paar jaar negatiewe publisiteit gekry weens klagtes dat motorfietse ongerepte wildernisgebiede en sensitiewe wildhabitatte versteur. Freshline Africa Moto Adventures en Untamed Adventures & Tours het nou die Verantwoordelike Motorfietsry-belofte onderteken, met ondersteuning van Ultimate Safaris se Conservation Travel Foundation en Tourism Supporting Conservation, of Tosco. Die…
18 Oct 10AM 1 min

Nuwe Katutura-distrikshospitaal uiters belangrik

Tenders wat verband hou met die konstruksie van 'n distrikshospitaal in Katutura is oop. Daar word gevra vir grootmaat elektriese dienste vir plaas 1024 in Havana. Bodde is ook oop vir toegangspad- en grootmaat waterdienste by dieselfde erf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van…
18 Oct 10AM 1 min