Pupkewitz Megabuild weer titelborg van Tour de Windhoek 2025

--:--
Pupkewitz Megabuild het sy volgehoue ​​verbintenis as die titelborg van die Tour de Windhoek 2025 aangekondig. Volgende jaar se byeenkoms sal 'n mylpaal vir Namibiese fietsry wees, met die dameswedren wat akkreditasie van beide die internasionale beheerliggaam, UCI, en die Afrika Fietsry Konfederasie verdien. Dit sal Namibië se eerste geakkrediteerde padren wees. Die Tour de Windhoek 2025 sal van 20 tot 23 Februarie plaasvind, met 'n "grand finale" en prysuitdeling by Pupkewitz Megabuild Lifestyle. Sportminister Agnes Tjongarero het tydens die aankondiging die publiek verseker van die regering se verbintenis tot sport.
Agnes Tjongarero Donderdag
21 Nov 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kommentaar op verbruikerswet sluit Maandag

Die sperdatum vir kommentaar deur die publiek vir die konsepwetsontwerp op verbruikersbeskerming kom vinnig nader. Dit sluit Maandag. Die handelsministerie het die konsep gefinaliseer en verseker dat die wetsontwerp in lyn is met die Nasionale Verbruikersbeskermingsbeleid. Kosmos 94.1 Nuus het met Elijah Mukubonda, die woordvoerder by die ministerie gepraat.
22 Nov 3AM 1 min

Versigtig vir kragpryse, swakker rand

'n Ekonoom aan die Stellenbosch Bestuurskool, Andre Roux, waarsku stygende elektrisiteitspryse en 'n swakker rand kan Suid-Afrika se ekonomie knou en inflasie verhoog. Dit volg nadat die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee die terugkoopkoers met 25 basispunte verlaag het, van agt-persent tot 7,75-persent, geldig vanaf vandag. Roux beveel 'n versigtige benadering…
22 Nov 3AM 1 min

Nog 'n internasionale speler betree olie- en gasbedryf

Infinity Oilfield Services, 'n Aberdeen-gebaseerde maatskappy, het uitgebrei na Namibië se opkomende energiemark en werk saam met Lesedi Nuclear Energy Services in die Lion Namibia gesamentlike onderneming. Met groot wêreldspelers soos Shell, TotalEnergies en Chevron wat miljarde in sonkrag, waterstof, olie en gas belê, staan Namibië op die drumpel om…
22 Nov 2AM 1 min

EU-lidlande het plig om Bibi te arresteer

Die Europese Unie se hoof van Buitelandse Beleid, Josep Borrell, sê die uitsprake van die Internasionale Strafhof is nie polities nie en moet toegepas word. Sy opmerking volg na die hof lasbriewe vir inhegtenisname van die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu, die voormalige minister van Verdediging, Yoav Gallant en die…
22 Nov 2AM 1 min

Pep not twee jaar by Man C

Manchester City se bestuurder, Pep Guardiola het 'n tweejaar-kontrakverlenging onderteken wat beteken hy sal tot 2027 by die klub aanbly. Sy kontrak sou aan die einde van die seisoen verstryk. Die 53-jarige Spanjaard het in 2016 by Manchester City aangesluit en 18 trofeë ingepalm, insluitend ses Premierliga titels. Die kontrakverlenging…
22 Nov 2AM 1 min