Mediadekking van politieke partye nou meer gelyk
--:--
Die media moniteringsprojek het 'n inligtingsessie gehou oor hul jongste bevindinge rakende die mediadekking van politieke partye. Met die verkiesing binne enkele dae, het die projek gevind dat die dekking van Swapo afgeneem het en dat die speelveld meer gelyk is ten opsigte van mediadekking van alle partye. Navorser Christie Keulder het die bevindinge aangebied.