Nuwe wet reguleer eiendomsbedryf

--:--
Die Wet op Eiendomsagente 112 van 1976 is vervang deur die Wet op Eiendomspraktisyns van 2024. Die president het reeds die wet onderteken en dit is nou in werking. Dit sluit alle eiendomspraktisyns in, nie net eiendomsagente nie. Die wet vereis ook dat die Namibiese Eiendomsagenteraad hernoem word na die Eiendomspraktisyns Regulerende Owerheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Festus Unengu, die bestuurder van die Namibiese Eiendomsagenteraad, wat 'n paar punte uitlig.
21 Nov 10PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Bibi sê ICC is polities bevoordeel

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu sê die Internasionale Strafhof is 'n polities-bevooroordeelde en diskriminerende liggaam. Dit volg na die hof 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Netanyahu, sy voormalige minister van verdediging, Yoav Gallant en Hamas se militêre leier, Mohammed Deif, uitgereik het. Die hof beskuldig hulle van oorlogsmisdade…
22 Nov 4AM 1 min

SA-regering moet intree by menseregte van Stilfontein-myners

Die nie-regeringsorganisasie Society for the Protection of Our Constitution het die regering beskuldig dat hy probeer om die onwettige ondergrondse mynwerkers in Stilfontein tot oorgawe te dwing of 'n onafwendbare dood in die gesig te staar. Die Hooggeregshof in Pretoria het die organisasie se aansoek aangehoor wat 'n dringende interdik…
22 Nov 4AM 1 min

SME’s kort dringend mentorskap, kritieke sektor vir werkskepping

Daar is minstens 40 000 klein en medium ondernemings in die land, wat meer as 200 000 Namibiërs ondersteun en sowat 12 persent tot die BBP bydra. Dit is volgens nasionale diens adjunkminister Emma Kantema-Gaomas, wat by die BaseCamp Founders Nexus Fireside Series gesê het hierdie besighede is die ruggraat…
22 Nov 4AM 1 min

Kommentaar op verbruikerswet sluit Maandag

Die sperdatum vir kommentaar deur die publiek vir die konsepwetsontwerp op verbruikersbeskerming kom vinnig nader. Dit sluit Maandag. Die handelsministerie het die konsep gefinaliseer en verseker dat die wetsontwerp in lyn is met die Nasionale Verbruikersbeskermingsbeleid. Kosmos 94.1 Nuus het met Elijah Mukubonda, die woordvoerder by die ministerie gepraat.
22 Nov 3AM 1 min

Versigtig vir kragpryse, swakker rand

'n Ekonoom aan die Stellenbosch Bestuurskool, Andre Roux, waarsku stygende elektrisiteitspryse en 'n swakker rand kan Suid-Afrika se ekonomie knou en inflasie verhoog. Dit volg nadat die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee die terugkoopkoers met 25 basispunte verlaag het, van agt-persent tot 7,75-persent, geldig vanaf vandag. Roux beveel 'n versigtige benadering…
22 Nov 3AM 1 min