Bibi sê ICC is polities bevoordeel

--:--
Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu sê die Internasionale Strafhof is 'n polities-bevooroordeelde en diskriminerende liggaam. Dit volg na die hof 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Netanyahu, sy voormalige minister van verdediging, Yoav Gallant en Hamas se militêre leier, Mohammed Deif, uitgereik het. Die hof beskuldig hulle van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Netanyahu sê hy sal nie terugstaan tot al die doelwitte teen Hamas bereik is nie:
22 Nov 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Swakopmund maak reg vir vakansietyd

Toerisme is een van Namibië se belangrikste sektore, met Swakopmund 'n sleutelbestemming vir plaaslike en internasionale besoekers. Soos die vakansieseisoen nader kom, bring 'n oplewing in toerisme ekonomiese voordele, wat werk skep en plaaslike besighede 'n hupstoot gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die Swakopmund munisipaliteit se…
22 Nov 9AM 1 min

AR fokus op energie, elektrisiteitstoevoer

Met net dae oor voor die verkiesing, maak Namibiërs en politieke partye gereed vir die laaste veldtog-saamtrkke. Die Affirmative Repositioning-beweging sê hulle sal die naweek hul veldtog in Ondangwa afsluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met AR-leier Job Amupanda, wat sê as hulle aan bewind kom, sal elektrisiteitstoevoer en energie…
22 Nov 9AM 1 min

GCF-akkreditasie sal help met klimaatbefondsing

Die Ontwikkelingsbank van Namibië soek akkreditasie van die internasionale Green Climate Fund, en omgewingsminister Pohamba Shifeta het die ministerie se steun vir die inisiatief bevestig. Die akkreditasie is noodsaaklik vir Namibië om toegang te kry tot internasionale befondsing vir klimaatverwante projekte. Shifeta het by COP29 beklemtoon dat dit belangrik is…
22 Nov 9AM 1 min

Moenie nou al geld bestee op bestrede NGV nie: AfriForum

AfriForum waarsku die gesondheid-departement teen voortydige besteding aan die instelling van Nasionale Gesondheidsversekering. Die burgerregte-organisasie voer aan stappe soos die opstel van regulasies en die saamstel van bestuurstrukture vir die NGV, moet teruggehou word totdat al die regsgeskille afgehandel is. Woordvoerder Louis Boshoff spreek sy kommer uit oor die gebruik…
22 Nov 8AM 1 min

Kosinflasie daal plaaslik, maar oppas vir globale prys-invloede

In Oktober 2024 het wêreldwye voedselpryse gestyg, met die Voedsel- en Landbou Organisasie se voedselprysindeks wat maand-tot-maand 2 persent gestyg het en 5,49 persent op 'n jaargrondslag. Dit is aangedryf deur 'n styging van 27,25 persent in olies, 'n matige toename in graangewasse en 'n styging van 21,38 persent in…
22 Nov 8AM 1 min