Swakopmund maak reg vir vakansietyd
--:--
Toerisme is een van Namibië se belangrikste sektore, met Swakopmund 'n sleutelbestemming vir plaaslike en internasionale besoekers. Soos die vakansieseisoen nader kom, bring 'n oplewing in toerisme ekonomiese voordele, wat werk skep en plaaslike besighede 'n hupstoot gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die Swakopmund munisipaliteit se woordvoerder, oor die dorp se gereedheid vir die vakansieseisoen.