Volhoubare plan nodig teen voedseloordraagbare siektes

--:--
Die GOOD-party sê 'n weldeurdagte en volhoubare reaksieplan op voedseloordraagbare siektes is nodig en nie 'n halsoorkop reaksie soos die registrasie van spazawinkels binne 21 dae nie. Meer as 800 voedselvergiftigingsgevalle is oral in die land aangemeld met minstens 23 sterfgevalle. Die sekretaris-generaal van die GOOD-party, Brett Herron, sê hoewel die regering se bedoeling goed is, het dit 'n hele miernes oopgeskop.
22 Nov 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namibiërs moet deel in groenwaterstof-voordele: NNN

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het herhaal dat Namibiërs moet deel in enige voordele wat uit groenwaterstofinisiatiewe kom. Sy het gepraat tydens die tweede sentrale komitee-vergadering van die Namibia Exiles Kids Association, of Neka, in Windhoek. Nandi-Ndaitwah het meer.
22 Nov 11AM 1 min

Kaapstad bied R100 000-beloning aan na moord op tiener

Die Stad Kaapstad bied ʼn beloning van tot 100 000 Suid-Afrikaanse rand aan vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van diegene wat verantwoordelik was vir die moord op ʼn 14-jarige seun in Elsiesrivier. Grantham van Reenen is noodlottig gewond toe vermeende bendelede losgebrand het toe hy…
22 Nov 11AM 1 min

Lande in Kavango-Oos is reg vir reën

Na aanleiding van die goeie reën onlangs in die noordelike streke, word bestaansboere versoek om hul grond voor te berei vir ploeg, met die vooruitsig op 'n goeie oes hierdie seisoen. Boere moet ook genoeg saad beveilig en vir staatsgesubsidieerde trekkers registreer, wat hulle in staat stel om hul lande…
22 Nov 10AM 1 min

Swakopmund maak reg vir vakansietyd

Toerisme is een van Namibië se belangrikste sektore, met Swakopmund 'n sleutelbestemming vir plaaslike en internasionale besoekers. Soos die vakansieseisoen nader kom, bring 'n oplewing in toerisme ekonomiese voordele, wat werk skep en plaaslike besighede 'n hupstoot gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die Swakopmund munisipaliteit se…
22 Nov 9AM 1 min