GCF-akkreditasie sal help met klimaatbefondsing
--:--
Die Ontwikkelingsbank van Namibië soek akkreditasie van die internasionale Green Climate Fund, en omgewingsminister Pohamba Shifeta het die ministerie se steun vir die inisiatief bevestig. Die akkreditasie is noodsaaklik vir Namibië om toegang te kry tot internasionale befondsing vir klimaatverwante projekte. Shifeta het by COP29 beklemtoon dat dit belangrik is om verskeie geakkrediteerde entiteite te hê om Namibië te help om sulke befondsingsgeleenthede te benut. Kosmos 94.1 Nuus het met die Ontwikkelingsbank se uitvoerende hoof, John Steytler, oor die akkreditasie-proses gesels en hoekom dit so belangrik is.