SME’s kort dringend mentorskap, kritieke sektor vir werkskepping

--:--
Daar is minstens 40 000 klein en medium ondernemings in die land, wat meer as 200 000 Namibiërs ondersteun en sowat 12 persent tot die BBP bydra. Dit is volgens nasionale diens adjunkminister Emma Kantema-Gaomas, wat by die BaseCamp Founders Nexus Fireside Series gesê het hierdie besighede is die ruggraat van die ekonomie. Hulle speel 'n deurslaggewende rol in ontwikkeling, veral in landelike gebiede, die oorbrugging van ekonomiese gapings en stimulasie van plaaslike ekonomieë. Die sektor staar egter aansienlike uitdagings in die gesig, insluitend beperkte toegang tot finansiering en 'n 75 persent mislukkingsyfer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josef Sheehama, 'n ekonoom en sakenavorser, wat sê 'n gebrek aan mentorskap dra by tot die hoë mislukkingsyfer.
22 Nov 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Swakopmund maak reg vir vakansietyd

Toerisme is een van Namibië se belangrikste sektore, met Swakopmund 'n sleutelbestemming vir plaaslike en internasionale besoekers. Soos die vakansieseisoen nader kom, bring 'n oplewing in toerisme ekonomiese voordele, wat werk skep en plaaslike besighede 'n hupstoot gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die Swakopmund munisipaliteit se…
22 Nov 9AM 1 min

AR fokus op energie, elektrisiteitstoevoer

Met net dae oor voor die verkiesing, maak Namibiërs en politieke partye gereed vir die laaste veldtog-saamtrkke. Die Affirmative Repositioning-beweging sê hulle sal die naweek hul veldtog in Ondangwa afsluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met AR-leier Job Amupanda, wat sê as hulle aan bewind kom, sal elektrisiteitstoevoer en energie…
22 Nov 9AM 1 min

GCF-akkreditasie sal help met klimaatbefondsing

Die Ontwikkelingsbank van Namibië soek akkreditasie van die internasionale Green Climate Fund, en omgewingsminister Pohamba Shifeta het die ministerie se steun vir die inisiatief bevestig. Die akkreditasie is noodsaaklik vir Namibië om toegang te kry tot internasionale befondsing vir klimaatverwante projekte. Shifeta het by COP29 beklemtoon dat dit belangrik is…
22 Nov 9AM 1 min

Moenie nou al geld bestee op bestrede NGV nie: AfriForum

AfriForum waarsku die gesondheid-departement teen voortydige besteding aan die instelling van Nasionale Gesondheidsversekering. Die burgerregte-organisasie voer aan stappe soos die opstel van regulasies en die saamstel van bestuurstrukture vir die NGV, moet teruggehou word totdat al die regsgeskille afgehandel is. Woordvoerder Louis Boshoff spreek sy kommer uit oor die gebruik…
22 Nov 8AM 1 min

Kosinflasie daal plaaslik, maar oppas vir globale prys-invloede

In Oktober 2024 het wêreldwye voedselpryse gestyg, met die Voedsel- en Landbou Organisasie se voedselprysindeks wat maand-tot-maand 2 persent gestyg het en 5,49 persent op 'n jaargrondslag. Dit is aangedryf deur 'n styging van 27,25 persent in olies, 'n matige toename in graangewasse en 'n styging van 21,38 persent in…
22 Nov 8AM 1 min