Namibiërs is veerkragtig, Saara wens almal 'n goeie 2025 toe

Loading player...
President Nangolo Mbumba het in sy Nuwerjaarsboodskap melding gemaak van die uitdagings wat die land in 2024 in die gesig gestaar het wat begin het met die afsterwe van dr. Hage Geingob sowel as die voortslepende droogte. Maar, hy sê Namibiërs is veerkragtig en die land sal wel seëvier. Intussen het eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en wens alle Namibiërs 'n gelukkige 2025 toe.
31 Dec 2024 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Gesins-instituut betreur vaderlose families, te midde van tienerswangerskappe

Die direkteur van die Family Policy Institute, Errol Naidoo, sê gebroke gesinstrukture is 'n hoofoorsaak van Suid-Afrika se hoë syfer vir tienerswangerskappe. Dit volg op onrusbarende syfers, insluitend 'n 12-jarige wat oor die vakansie geboorte geskenk het en gelei het tot aanklagte van statutêre verkragting. Naidoo het aan die SABC…
4 Jan 4AM 1 min

Namcor sê oor belange in PEL 90

QatarEnergy het 'n belang van 27,5 persent in PEL 90 verkry, geassosieer met Blok 2813B, wat deur die Chevron filiaal Harmattan Energy Limited bedryf word. Ná die verkryging sal die lisensie-eienaars Chevron Harmattan wees met 'n belang van 52,5 persent, QatarEnergy met 27,5 persent, Namcor met 10 persent, en Trago…
4 Jan 2AM 1 min

Yi se besoek het strategiese belange

Die besoek van môre tot Dinsdag deur Wang Yi, die Chinese minister van buitelandse sake is ‘n strategiese skuif, veral met die wêreld, en plaaslike, se veranderende politiek. Yi kom môre in die land aan en is geskeduleer om samesprekings met verkose president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, in Windhoek te voer en…
4 Jan 12AM 1 min

Swaar reënval soos vakansiegangers huiswaarts reis

Daar is goeie neerslae regoor die land aangemeld en riviere loop steeds by Okahandja, Omaruru en selfs die Kahn verder wes, het geloop. Goeie reën word vandag verder Suid verwag. In Suid-Afrika waarsku die Weerdiens ook oor wydverspreide buie en donderbuie oor die sentrale en oostelike streke van die land…
4 Jan 12AM 1 min

Graad 12's moet ondersteun word, ongeag uitslae

Nes plaaslik, is daar beroepe in die buurland om graad 12’s te ondersteun met uitslae wat binnekort bekend gemaak word. Die buurland se onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê elke graad 12-leerder moet in hierdie deurslaggewende wagtydperk ondersteun te word. Hy sê ongeag die uitkoms, is dit reeds 'n prestasie om matriek…
3 Jan 11PM 1 min