Henk Botha verwag ateletiek-hoogtepunte vanjaar

Loading player...
Hierdie jaar skop af met 'n opwindende atletiekseisoen wat voorlê. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende atletiekafrigter Henk Botha gesels, wat sy entoesiasme vir die komende seisoen uitgespreek het. Botha is tans besig by die Quinton Steele Botes Atletiek Afrigting en Opleidingskliniek, en het sy optimisme gedeel oor plaaslike atlete soos Christine Mboma en Petrus Nepwanga se voorbereidings om 'n suksesvolle jaar te verseker. Botha brei uit.
9 Jan 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namibië moet 'n Bouraad hê vir plaaslike tenders

Die Konstruksie Industrie-federasie bepleit vir ‘n Bouraad om te verseker dat plaaslike maatskappye ook voorkeur kan kry met projekte. Op die oomblik word die sektor gedomineer deur veral Chinese konstruksie firmas wat die federasie sê ekonomiese onafhanklikheid bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die…
10 Jan 3AM 1 min

Meer as 20 Afrika-lande sal meer aan skuld as dienste vanjaar bestee

Die uitvoerende direkteur van One Campaign, David McNair, sê meer as 20 Afrika-lande gaan in 2025 meer aan skuld bestee as aan noodsaaklike dienste, insluitend gesondheidsorg en onderwys. McNair het in gesprek met Africa News gesê hoë leenkoste en stadige skuldherstrukturering vererger die krisis. Hy het 'n beroep gedoen op…
10 Jan 3AM 1 min

Unam verduidelik afskaffing van somerskool

'n Petisie met meer as 700 handtekeninge en 'n brief is aan die sosiale aktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo oorhandig oor die kansellasie van Unam se somerskoolprogram. Volgens die skrywers het dit studente se akademiese prestasie aansienlik beïnvloed en gelei tot 'n toename in druipsyfers, en het ook finansiële laste…
10 Jan 2AM 1 min

Biden stoot FEMA hulp op na 100% vir Los Angeles

Amerika se president Joe Biden sê die federale regering verhoog sy befondsing om hulp te verleen ná die vernietigende brande in Los Angeles tot 100-persent. Dit volg nadat Kalifornië se goewerneur, Gavin Newsom, die president gevra het om die goedgekeurde befondsing tot 90-persent op te stoot. Die dodetal het tot…
10 Jan 2AM 1 min

Murray opgewonde om Djokovic af te rig

Die driemalige Grand Slam-kampioen, Andy Murray, sê hy kon nie die unieke geleentheid laat verbygaan om sy jare lange teenstander, Novak Djokovic, af te rig nie. Hulle het in November aangekondig hulle gaan saamwerk; met die ooreenkoms wat slegs geldig is tot ná die Australiese Ope wat Djokovic vir ʼn…
10 Jan 1AM 1 min