Unam verduidelik afskaffing van somerskool

Loading player...
'n Petisie met meer as 700 handtekeninge en 'n brief is aan die sosiale aktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo oorhandig oor die kansellasie van Unam se somerskoolprogram. Volgens die skrywers het dit studente se akademiese prestasie aansienlik beïnvloed en gelei tot 'n toename in druipsyfers, en het ook finansiële laste vir leerders veroorsaak. Die petisie bepleit die herinstelling van die somerskoolprogram om studente die geleentheid te bied om hul akademiese status te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Unam se skakelbeampte, Simon Namesho, wat die situasie verduidelik.
10 Jan 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

30 naakte mensehandel-slagoffers soek na hulle ontsnap

Die Valke het drie verdagtes in hegtenis geneem wat glo met 'n mensehandelsindikaat verbind word. Dit volg na die polisie 15 ongedokumenteerde Ethiopiese burgers gered het wat teen hulle wil in 'n huis in Lombardy-Oos in Johannesburg aangehou is. Elf is in die hospitaal opgeneem terwyl 30, wat glo naak…
10 Jan 7AM 1 min

Dordabis as deel van Rehoboth beloof voordele

Die woordvoerder van die Rehoboth-dorpsraad, Desiree Pieters, het onlangs met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die uitbreiding van Rehoboth se munisipale grense om Dordabis in te sluit, wat as 'n belangrike mylpaal vir die dorp en die Hardap-streek beskou word. Pieters het die potensiële voordele uitgelig, insluitend verhoogde ekonomiese ontwikkeling,…
10 Jan 7AM 1 min

Varswaterspesies, 23 500 van hulle, is uiters kwesbaar

'n Onlangse referaat in die tydskrif, Nature, toon bykans 25 persent van die 23 500 varswaterspesies loop gevaar om uit te sterf, en word geklassifiseer as kwesbaar, bedreig of krities bedreig. Die medevoorsitter van die Varswaterbewaringskomitee, Ian Harrison, skryf dit toe aan ondermeer besoedeling en klimaatsverandering. Harrison beklemtoon varswater-ekosisteme is…
10 Jan 5AM 1 min

Trump probeer aandag van tariewe aflei - Trudeau

Die uittredende Kanadese eerste minister Justin Trudeau sê verkose president Donald Trump se aanmerkings oor die oorname van Kanada sal nie gebeur nie. Hy het in ‘n onderhoud met CNN se Jake Tapper gesê Trump probeer die aandag aflei van die feit dat hy 25 persent se heffings op Kanadese…
10 Jan 5AM 1 min

Dikeledi steel al ons reën

Die reën blyk om eers weg te wees. ‘n Tropiese sikloon, Dikeledi, ontwikkel oos van Mauritius en trek op die oomblik al Namibië se vog in ‘n oostelike rigting, weg van die land af. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Nashikaku van die weerdiens gepraat.
10 Jan 5AM 1 min