Kabeldiefstal, kabelfoute hou dele van West Acres in die donker

--:--
Sommige inwoners van Blok 14 in West Acres betree vandag die vierde dag sonder elektrisiteit by hul huise. Mbombela het Dinsdagoggend die kragtoevoer onderbreek om noodsaaklike instandhoudingswerk aan die substasie te doen. Dit is intussen afgehandel, maar dele van die area gaan sedertien gebuk onder onbeplande kragonderbrekings. Thea Rix gesels met Sonop Ontbyt.
10 Jan Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Begroting: Ons gaan baie meer verskuilde belasting betaal

Finansies Minister Enoch Godongwana het gister sy begrotingsrede in die Parlement ter tafel gelê. Werner Oosthuizen van Efficient Wealth sê die 0,5%-verhoging in BTW is beter as 2%, maar ons gaan ook meer inkomstebelasting betaal.
13 Mar 13 min

Begroting 2025: Infrastruktuurbesteding nodig

Die aankondiging oor besteding aan infrastruktuur is welkom en moes lankal reeds gebeur het. 100.5FM gesels met Henri Pieters van Stabilis oor die minister van Finansies se begroting vir 2025.
13 Mar 14 min

KANSA RFL die naweek gehou

Die jaarlikse KANSA Laeveld Relay for Life maak Vrydag sy terugkeer na sy tradisionele tuiste: Hoërskool Bergvlam se ateletiekbaan. Is jy gereed om jou ondersteuning vir kankerpasiënte te wys? Sandra Jacobs vertel meer.
13 Mar 11 min

Winnette Strydom wil talent slyp in VSA

Winnette Strydom, 'n aspirant sangeres, het die geleentheid om eersdaags 'n werkswinkel daaroor in Orlando, Florida te gaan bywoon om haar talent te slyp.
12 Mar 10 min