Skole het geld gekry vir skryfbehoeftes, waar's dit?

Loading player...
Die onderwysministerie het die nasionale eksamenuitslae bekend gemaak. Tydens die aankondiging het die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, haar teleurstelling uitgespreek dat skole nie die befondsing van die ministerie doeltreffend gebruik om skryfbehoeftes vir leerders te bekom nie. Baie ouers uit armoede-geteisterde gemeenskappe sukkel om die nodige skryfbehoeftes vir die nuwe skooljaar aan te skaf. Steenkamp is aan die woord.
15 Jan 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Hardap-stelsel loop vol, besproeiing begin Maandag

NamWater het bevestig dat besproeiing by die Hardap groenskema op Maandag, 20 januarie hervat sal word. Die dam het goed water gevat het en onlangs van 5,5 persent vol na 16,5 persent geklim. Produsente sal 'n 'n 20 persent waterbesparing toepas, en sal dus 80 persent van hul normale watergebruik…
15 Jan 9AM 1 min

81 renosters in 2024 gestroop, 7 olifante

Stropery bly 'n belangrike kwessie in Namibië, met renosterstropery wat steeds 'n ernstige bekommernis is. Teen die einde van 2024 is 81 renosters gestroop, 'n toename vanaf 77 in 2023. Die omgewingministerie het Etosha Nasionale Park as 'n stropery-brandpunt geïdentifiseer en daar is ernstige kommer oor die park se kwesbaarheid…
15 Jan 9AM 1 min

Djokovic speel meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde ooit

Tennis: Die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na die derde ronde van die Australiese Ope nadat hy met die 21-jarige kwalifiseerder, Jaime Faria, afgereken het. Die Serwiër se 430 maak hom die speler wat meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde in die Ope Era gespeel het. Dit volg nadat hy die Portugees…
15 Jan 8AM 1 min

Desember warmste sedert 1991, hitte-rekords spat

Desember verlede jaar was die warmste maand sedert 1991, volgens die Meteorologiese Diens se jongste klimaatbulletin. ’n Nuwe maksimum temperatuur is by Gobabis in die Omaheke-streek op 40,4 grade Celsius aangeteken, met 14 opeenvolgende dae wat 37 grade oorskry het en drie dae wat 40 grade oorskry het. Keetmanshoop het…
15 Jan 8AM 1 min