Danel Liebenberg is 'n skool maatskaplike werker wat verduidelik wat stres aan ons liggame doen, hoe dit in angs omsit en wanneer dit tot uitbranding lei. Sy deel vier dinge wat ons kan doen om dit hok te slaan en sê 'vier die klein oorwinnings in die lewe".
Suid-Afrika se Landelike Veiligheidsplan is eintlik voldoene, maar 'n groepering vra dat die minister van polisie toesien dat dit op grondvlak uitgevoer word. Niels Nilsson, 'n onafhanklike navorser vir Landelike Veiligheid SA vertel oor die voorlegging wat hulle gister aan die parlement se portefeuljekomitee vir landbou oor plaasaanvallle gelewer het.
Wynand Visagie was die wenner gisteraand van die Nelspruit-episode van die gewilde Come Dine with Me SA. Hy het Zubeida Essack, Azande Shongwe en Caroline Harris uitgestof om met die kontantprys weg te stap. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in Amerika het die besonderhede van meer as 67 000 Suid-Afrikaners, wat navraag gedoen het oor president Donald Trump se uitvoerende bevel wat vlugtelingstatus aan Afrikaners bied, aan die Amerikaanse ambassade in Pretoria oorhandig. Die kamer se president, Neil Diamond, gesels met 100.5FM.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.