Vandeesweek staan OFM Agri ‘n bietjie stil by die mikroskopiese wonderwêreld van aalwurms. In die eerste episode hoor Elzette Boucher-Kruger meer oor wat hierdie klein organismes is en waar hulle aangetref word met Anke de Smidt, 'n PhD-student aan die departement dierkunde en entomologie aan die Universiteit van die Vrystaat.
NWK, Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy, gaan vanjaar ’n opwindende uitdaging aanpak om fondse in te samel vir Agri Securitas en bewustheid te kweek vir landelike veiligheid. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het met Alf White, die NWK-groep se finansiële hoof, gesels.
Johan Gunter gesels op Vrydae skaapsake met OVK. John Melville vertel hoe om jou ramme te toets vir vrugbaarheid en seker te maak jou ramme is reg en gereed; en Dawie Killian het die jongste nuus vanaf die wolmark.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.