
Krag van Graan SA-gemeenskap
--:--
Dit is die eerste keer in Graan SA se geskiedenis dat ’n Kaapse koringboer as voorsitter verkies is. Met sy aanvaarding van die posisie het Ricard Krige sy dankbaarheid uitgespreek vir die groei wat hy binne Graan SA ervaar het. “Hierdie organisasie het my gevorm. Ek het as ’n jong produsent begin en nou het ek ’n netwerk van vriende en kollegas regoor die land. Dit is die krag van hierdie gemeenskap.”