Basson Laas is hierdie week Venita se #HOOF-Fokus op #ALT-Fokus! Hy gesels oor sy nuutste enkelsnit 'Every River' en speel ook vir ons 'n paar liedjies LIVE in die ateljee.
Venita 'check in' by Deon Groot om vir hom 'n GROOT geluk te sê met sy SAMA nominasie vir Beste Pop Album. Hy vertel meer oor wat 'Seisoene' die album vir hom beteken het die afgelope jaar en wat hy nog beplan met sy musiek.
Hierdie week se FAK Skryf'it liedjieskryfkompetisie is John-Henry Opperman, en Venita loer by hom in om meer te hoor van sy Top 4! Hy deel wat sy misie en visie vir sy span is en waarom hy dink hy het die wen liedjie.
Daniel John bring die VIBES op ‘n DANSdag!!! Hy gesels met Venita op #WeeksdaeVibes oor sy nuutste enkelsnit ‘Believer’ en gee ook ons die kans om EKSKLUSIEF na sy volgende enkelsnit ‘Somebody To Hold’ te luister!
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.