Bek-en-klouseer: RMIS wiele draai, entstowwe nog oppad

Loading player...
Samewerking bly nou van kardinale belang om bek-en-klouseer hok te slaan en te keer dat 'n verwoestende uitwerking op volhoubare rooivleisproduksie het. Red Meat Industry Services hoofbestuurder Dewald Olivier het by die RPO Noord-Kaap se jaarkongres in Kimberley vertel die eerste fase van hul operasionele sentrum is reeds in werking met ’n netwerk van 177 privaatveeartse wat terugvoering gee oor gevalle. Die tweede fase, wat Maandag begin, behels ’n veearts wat hierdie data te bestuur en onmiddellik reageer terwyl produsente ook betrek word om oë en ore op die grond te wees. Hy het verder bevestig dat daar steeds geen entstof in die land is nie en dat dit waarskynlik eers die laaste week in Junie sal aankom. Olivier glo egter die bedryf staan by 'n kruispad waar optrede dinge vir die beter kan verander..
12 Jun 2025 11PM Afrikaans South Africa News · Earth Sciences

Other recent episodes

Pannar Suksesverhaal: Johan Swan oor die rol van ondersteuning wat net so belangrik is

Van genetika tot agronomiese kennis en ondersteuning, glo Pannar daarin om saam met boere te werk aan oplossings wat vertroue in besluitneming gee. Pannar Saad is ’n voorloper-saadverskaffer in Afrika, met ’n gefokusde portefeulje van toppresterende mielie-, sonneblom-, sojaboon- en graansorghumkultivars. Want wanneer dit by boerdery kom, gaan sukses oor…
14 Sep 5AM 3 min

Pannar Suksesverhaal: Johan Swan oor die sukses ten spyte van uitdagings

Vir Johan is sukses nie net die resultaat van een goeie besluit nie. Dit kom deur deeglike bestuur, die regte hulpbronne, en genetika waarop jy kan staatmaak. Pannar Saad glo daarin om saam met boere aan oplossings te werk wat hul vertroue in hul besluitneming gee. Met ’n gefokusde saadportefeulje…
14 Sep 5AM 3 min

Bek-en-klouseer: Wat is die plan?

Gedurende 'n paneelbespreking by NAMPO Alfa het dr. Dave Migley van die Herkouerveterinere Vereniging van Suid-Afrika, Jaco Liebenberg van Beefmaster-voerkraal en Dewald Olivier van RMIS met Landbouweekblad-redakteur, Chris Burgess, gesels.
16 Oct 2025 10AM 9 min