‘SA moet aanhou verlede konfronteer’

Loading player...
#NotInMyName International sê Suid-Afrika moet daartoe verbind bly om sy verlede te konfronteer en 'n regverdige en verenigde toekoms te bou. Die organisasie se president, Siyabulela Jentile, sê dit volg ná die Hooggeregshof in Pretoria 'n polisiebeampte uit die apartheidsera, Johan Marais, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het vir die moord op die studente-aktivis Caiphus Nyoka in 1987. Hy sê hierdie langverwagte aanspreeklikheid is 'n belangrike oomblik in Suid-Afrika se voortgesette stryd vir geregtigheid en die waarheid:
12 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reddingspogings by Verulam-tempel duur voort

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, het sy ondersteuning vir reddingswerkers uitgespreek nadat 'n tempel in Redcliffe, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Vier liggame is reeds herwin. Reddingsoperasies duur voort te midde van uitdagende weer en onbestendige strukture, met die primêre fokus nou om moontlike oorlewendes wat nog vasgekeer…
14 Dec 1AM 1 min

Twee dood, nege beseer in kampusskietery in VSA

Polisie in Rhode Island in Amerika soek na 'n verdagte in 'n skietery by Brown Universiteit in Providence Saterdag waarin twee mense dood en nege kritiek gewond is by dié Ivy League-skool. Talle studente was ten tye van die voorval op die kampus om eksamen te skryf. Die verdagte, ‘n…
14 Dec 12AM 1 min

Hokkie: Namibië se vroue wys staal in Nkosi-beker

Namibië se vrouehokkiespan bly onoorwonne by die Nkosi-binneshuise toernooi in Kaapstad ná hulle Nieu-Seeland Saterdagoggend met 7-3 geklop het. In hul eerste wedstryd Vrydag, het die span Zimbabwe ook met 7-3 verslaan. Die vroue durf Australië vanmiddag om drie-uur aan. Afrigter Shayne Cormack het Saterdag se kragmeting só opgesom:
13 Dec 11PM 1 min

BoN moet onafhanklik bly, sê !Gawaxab

Die uittredende goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, sê sy vyf-jaar ampstermyn het gefokus op die handhawing van Namibië se buitelandse reserwes, die versterking van batetoewysing en die verskerping van die bank se beleggingsbenadering. Hy doen 'n beroep op die inkomende administrasie om die Bank van Namibië se onafhanklikheid…
13 Dec 6AM 1 min

SA media mag eksamenuitslae publiseer, sê hof

Die departement van basiese onderwys het die uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom wat sy wetlike gesag bevestig om die uitslae van die Nasionale Senior Sertifikaat in koerante en geakkrediteerde mediaplatforms te publiseer. Die uitspraak stel dit duidelik dat hierdie gevestigde praktyk nie die verwerking van persoonlike inligting onder…
13 Dec 5AM 1 min