Kus tot kruin: 🐞 🦋 Die kleurvolle wêreld van insekte wat jy nooit raaksien nie - 11 September 2025

Loading player...
Fred ons saam met Johan Heyns en Leon Rossouw, ’n natuur bewaarder en gids, oor die fassinerende wêreld van insekte – of soos die meeste mense dit ken, 🐜“goggas.” Vir baie mense beteken ’n ontmoeting met ’n insek die vinnige gryp na die naaste blik gif. Goggas word as ’n plaag gesien wat jou leefruimte binnedring. Maar in daardie haastige reaksie word ’n wonderlike wêreld misgekyk: ’n wêreld van kleur, unieke vorms en ongelooflike interaksies wat ’n direkte rol in ons daaglikse lewe speel – dikwels sonder dat ons dit ooit raaksien.
Johan Heyns noem dit die “wêreld onder die knie” – ’n geheime realiteit waarvan min mense weet. Met Leon se ervaring as natuur bewaarder en gids ontdek ons hoe hierdie klein wesens ’n groot verskil maak in die ekosisteem en selfs in ons eie lewens. 🎧 Moenie hierdie gesprek misloop nie!
📻 Luister op 90.1 FM en 104.1 FM in die Tuin Roete, of stroom aanlyn by 👉 sfmstreek.com.
11 Sep 2025 Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

Kruger Internasionaal Bate en Welvaartbestuur - 20 Oktober 2026

📈💰 LUISTER WEER | ’n Lewe van finansiële sorgvryheid – wat kan verander? Is finansiële sorgvryheid net beskore vir mense wat baie geld verdien of welvaart geërf het? Of begin dit by die besluite wat ons vandag neem? 🎙️ Danny gesels met Dries Kruger, Direkteur van Kruger Internasionaal Bate en…
15 Oct 10 min

DEMOKRATIESE ALLIANSIE: KANDIDAAT BEKENDSTELLING - 14 Oktober 2026

🎙️ MUNISIPALE VERKIESING 2026 | DA-KANDIDAATBEKENDSTELLING In hierdie politieke promosie gesprek stel Dirk Kotzé twee van die Demokratiese Alliansie se wykskandidate vir Mosselbaai bekend: 🔹 Nickey le Roux – Wyk 11 🔹 Francois Botha – Wyk 4 Die kandidate gesels oor wat hulle aan inwoners van hul onderskeie wyke belowe…
14 Oct 18 min