Marissa Verheij gesels oor haar nuwe lied, The Lord's Prayer

Loading player...
In haar nuutste vrystelling neem Marissa luisteraars op ’n besonderse geestelike reis met die kragtige woorde van die Onse Vader. Hierdie lied is nie net musiek nie, dit is ’n gebed wat met siel en hart gesing word... ’n uitnodiging om saam stil te word en God se teenwoordigheid te ervaar. Luister hoe sy meer deel oor die inspirasie agter die lied, die boodskap wat sy hoop mense daaruit sal neem, en haar passie om geloof deur musiek te deel.
15 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

GEEWEEK - Hanna Charity

Charlene Jackson, Karin Moller, Bibi (Dominique) Mitton en Karina Nel van Hanna Charity gesels oor hul Motherhood, Womanhood en klerebank-programme
4 Jun 7AM 33 min

GEEWEEK - GROOTfm NPC

Stasiebestuurder, Roelien Potgieter en Programbestuurder, Francois Botha sluit by Sarina aan in die ateljee
4 Jun 7AM 29 min

VERSKILMAKERS: Cetric Mphofela

Vandag gesels ons met ’n ware verskilmaker. Cetric Kwena Mphofela is ’n passievolle omgewingsaktivis van Limpopo wat tans in Pretoria gebaseer is. Sedert 2020 het hy al honderde skoonmaakaksies regoor Gauteng en Limpopo gereël en meer as 200 000 sakke rommel help verwyder. Nou pak hy ’n nuwe uitdaging aan:…
4 Jun 7AM 9 min

ABC van Ouerskap: D - Dissipline (Venette Auret)

Dissipline is vir baie ouers een van die grootste uitdagings in ouerskap. Hoe dissiplineer mens met liefde, maar steeds met grense? Vandag gesels ons met Venette Auret oor praktiese dissiplinewenke, ouderdomsgepaste grense en hoe om kinders te lei sonder om die verhouding te beskadig.
2 Jun 5AM 14 min

Narsistiese Mishandelingsbewusmakingsdag

1 Junie is Narsistiese Mishandelingsbewusmakingsdag – ’n dag wat fokus op die emosionele en sielkundige impak van toksiese en manipulerende verhoudings. Baie mense beleef narsisistiese mishandeling sonder om dit onmiddellik raak te sien, omdat dit dikwels subtiel begin en met skuldgevoelens, beheer, manipulasie en emosionele uitputting gepaardgaan. Vandag gesels ons…
1 Jun 6AM 12 min