
Agribank maak plan met wanpresterende lenings se rente
Loading player...
Agribank het 'n nuwe skuldverligtingsinisiatief van stapel gestuur wat daarop gemik is om rente wat op meer as 900 miljoen Namibiese dollar se wanpresterende lenings gehef is, te verhaal. Volgens uitvoerende hoof Raphael Karuaihe staan die bank se totale leningsboek tans op ongeveer 3,2 miljard dollar, met meer as 900 miljoen dollar wat as agterstallige skuld geklassifiseer word. Karuaihe het tydens 'n inligtingsessie verduidelik dat die inisiatief sal fokus op die kwytskelding van rente wat op die wanpresterende lenings opgeloop het om die las op kliënte te verlig en die vooruitsigte vir herstel te verbeter.

