NSA vra weer samewerking met sensus-opname

Loading player...
Die Namibiese Statistieke-agentskap, NSA, doen 'n beroep op gemeenskappe om hul deure vir beamptes oop te maak en die voortgesette Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname te ondersteun wat tot April 2026 duur. Veldpersoneel staar weierings in verskeie streke in die gesig, veral in verstedelikte gebiede in Khomas en Erongo, en kommersiële plase in Otjozondjupa en Omaheke. In 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus, sê dr. Paula Ingo, die agentskap se uitvoerende beampte vir demografiese en sosiale statistiek, dat samewerking noodsaaklik is. Sy verduidelik.
23 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DJ Warras-moord 'n 'poging tot intimidasie'

'n Sekuriteitstrateeg en voormalige Interpol-ambassadeur, Andy Mashaile sê die moord op Warrick “DJ Warras” Stock dui op misdadigers se pogings om vrees in te boesem en die samelewing te intimideer. Die Polisie het berig dat drie mans, wat almal op geslotebaankameras vasgevang is, in verband met die aanval in hegtenis…
25 Dec 11PM 1 min

Goeie reënval in komende dae verwag

Seker die beste Kersgeskenk wat 'n droë land soos Namibië kan kry, is voorspellings dat die reënweer gaan voortduur. Te midde van gerugte dat 'n droë El Nino vinnig op pad is, sê die plaaslike weerkenner George van der Merwe daar is tans niks om oor bekommerd te wees nie…
25 Dec 4AM 1 min

Gebruik myninkomste vir sosiale dienste: Saftu

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die wydverspreide en onwettige delwery van minerale in en om gemeenskappe in Noordwes veroordeel. Minstens 21 mense is in hegtenis geneem sedert optrede teen onwettige mynbou in Bapong begin het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, het die vakbond se eis vir die nasionalisering van…
25 Dec 4AM 1 min

Rusland 'kan vasgekeerde SA mans repatrieer, maar wil nie'

Die verdedigingsontleder, Ricardo Teixeira, sê Rusland kan maklik die 17 Suid-Afrikaners wat in die Oekraïense oorlogsone gestrand is, repatrieer, maar verkies om dit nie te doen nie. Volgens News24 hou vertragings verband met finansiële eise deur militêre kontrakteurs wat na bewering terugbetalings van die MK-party eis. In 'n onderhoud met…
25 Dec 2AM 1 min