
Wetgewing op pad teen kuberbedrog
Loading player...
Namate die land sy verskuiwing na 'n volledig digitale betaalstelsel versnel, neem kommer oor kubermisdaad ook toe. In reaksie hierop sê die minister van inligting- en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, dat die regering nuwe wetgewing voorberei wat daarop gemik is om verbruikers teen aanlynbedrog te beskerm. Theofelus waarsku vanoggend by die Payments Thought Leadership-geleentheid dat die risiko van kuberbedrog toeneem.

