Massiewe Etosha-brand woed voort

Loading player...
Die massiewe veldbrand in die Etosha Nasionale Park woed steeds voort. Die omgewingministerie sê dat die brand, wat deur die suidwestelike deel van die park en plase geskeur het, vermoedelik Maandagaand ontstaan het uit nabygeleë houtskoolproduksie-aktiwiteite. Toe dit begin het, is meer as 81 000 hektaar in net twee uur verbrand en 'n huis op die plaas Helaas is vernietig. Brandbestryders, ondersteun deur die Namibiese Weermag en plaaslike gemeenskappe, sukkel om die brand te beheer weens die gebrek aan brandpaaie en intense weerstoestande. Die ministerie se woordvoerder, Ndeshipanda Hamunyela, sê geen verlies aan wildlewe is tot dusver bevestig nie.
24 Sep 2025 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA ekonomie groei teen slakkepas

Die regering verwelkom die Wêreldbank se verslag wat toon dat Suid-Afrika se ekonomie verlede jaar met 1,3 persent gegroei het. Die verslag skryf hierdie verbeterings toe aan meer betroubare elektrisiteitsvoorsiening, 'n sterk landbou-oes en verhoogde sakevertroue. Die bank projekteer groei van 1,4 persent vanjaar en 1,5 persent volgende jaar, hoofsaaklik…
17 Jan 2AM 1 min

Unam sit voet neer oor gr. 11's

Die Universiteit van Namibië het benadruk dat dit nie graad 11-leerders sal toelaat nie en hou vol dat voornemende studente graad 12 moet voltooi om vir toelating te kwalifiseer. Unam-woordvoerder Simon Namesho het Vrydag beklemtoon dat die gehalte van onderrig nie in die gedrang gebring sal word nie. Hy het…
17 Jan 2AM 1 min

Zuma sê WVK-voorsitter koester wrok

Die voormalige president, Jacob Zuma sê die voorsitter van die Waarheids- en Versoeningskommissie, regter Sisi Khampepe, het 'n persoonlike wrok teen hom oor sy tronkstraf van 2021. Zuma het saam met die voormalige president, Thabo Mbeki, 'n aansoek ingedien vir Khampepe se onttrekking as voorsitter van die ondersoek na vertragings…
17 Jan 12AM 1 min

Copps 94.1: Drank-, dwelmduiwel listig op Rehoboth

Die polisie op Rehoboth het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met veral drank- en dwelmverwante voorvalle wat hulle laat bontstaan het. Francois Lottering was oudergewoonte deel van die Copps 94.1-span op dié dorp en doen verslag:
16 Jan 11PM 1 min