
AfriForum oorhandig Malema-dossier aan Trump amptenare
Loading player...
AfriForum sê hy het sy dossier oor die EFF-leier Julius Malema aan senior beamptes in president Donald Trump se administrasie oorhandig. Die burgerregte-organisasie en Solidariteit het Woensdag die Withuis besoek as deel van ʼn opvolg-skakelingsbesoek in Amerika. Ernst van Zyl van AfriForum sê om Malema se ekstremisme onder die Trump-administrasie se aandag te bring, is een deel van ʼn groter internasionale veldtog om seker te maak hy word aanspreeklik gehou vir sy aanhitsing van geweld:

