
Finansministerie sê oor toelaaguitbetalings deur NamPost
Loading player...
Maatskaplike kontanttoelaagbetalings begin landswyd by NamPost op Maandag, 13 Oktober. Ter voorbereiding en om moontlike haakplekke uit te stryk sal 'n loodsuitbetaling op 9 Oktober by die Okahandja- en Omitara-poskantore plaasvind, met mobiele uitbetalings by Groot Aub en Otjimbingwe. Kosmos 94.1 Nuus het met die finansministerie se woordvoerder Jonathan Swartz gepraat wat meer inligting gee.

