
Kyk eerder na wette, infrastruktuur vir padveiligheid, Nekundi
Loading player...
Die IPC het vervoerminister Veikko Nekundi se plan om weerkaatsers op diere en hommeltuie te gebruik om die land se paduitdagings aan te spreek, gekritiseer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, kommer uitgespreek oor die stadige vordering van die Padveiligheidsbestuurswetsontwerp, wat sedert 2017 hersien word. Hy sê dat die hersiening van verouderde wette en die opgradering van infrastruktuur 'n meer doeltreffende benadering sal wees.

