Kleinhandel styg effe in Februarie

Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Februarie met 1,6-persent op 'n jaargrondslag gestyg, hoofsaaklik aangedryf deur groei in ander kleinhandelaars en klere-, skoeisel- en tekstielwinkels. Verkope het egter met een-persent gedaal in vergelyking met Januarie op 'n seisoensaangepaste basis, wat gemengde maandelikse prestasie weerspieël. Raquel Floris van Statistieke SA sê kleinhandelverkope het oor 'n tydperk van drie maande met 2,8-persent gestyg, ondersteun deur algemene handelaars en klerewinkels, terwyl voedsel- en drankwinkels 'n afname aangeteken het:
23 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Impak van oorlog sal eers in komende maande kom

Die ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool, Raymond Parsons, sê die volle impak van onlangse brandstofprysverhogings, hoër elektrisiteitstariewe en belasting sal eers in die komende maande gevoel word. Hy waarsku inflasie kan tydelik tot bo 4 persent styg voor dit geleidelik sal daal na die teiken van 3 persent. Hy…
23 Apr 3AM 1 min

VSA reageer op Iran se vaartuig-beslagleggings

Iran sê dis onmoontlik om die Straat van Hormuz te heropen terwyl die Amerikaanse vlootversperring voortgaan aangesien dit 'n blatante skending van die skietstilstandooreenkoms is. Iran se Rewolusionêre Wag het gister twee vaartuie in die Straat geannekseer, wat gewoonlik deurgang bied aan een-vyfde van die wêreld se olie en natuurlike…
23 Apr 3AM 1 min

Gobabis-riool raak uitdagend

Ten spyte daarvan dat inwoners van Gobabis in Januarie al ernstige kommer uitgespreek het oor voortdurende rioolprobleme en die agteruitgang van oop stortingsterreine in die dorp, duur die probleem onverpoosd voort. Kosmos 94.1 Nuus het met die Gobabis-gemeenskapsaktivis Lehana Nel gesels, wat 'n ope brief geskryf het wat aan verskeie…
23 Apr 2AM 1 min

Padwoede in SA in die soeklig

Die Motorbedryf-personeelvereniging doen 'n beroep op motoriste om toenemende konfrontasies op paaie te vermy, aangesien oomblikke van woede agter die stuur verwoestende en onomkeerbare gevolge kan hê. Die beroep volg op die noodlottige padwoede-voorval Sondag in Emmarentia in Johannesburg. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging vra vir kalmte, selfbeheersing en groter…
23 Apr 1AM 1 min

Zelensky bepleit weer samesprekings om oorlog te beëindig

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê sy land is gereed vir enige vorm van onderhandelinge met Rusland. Hy sê dis ʼn groot risiko om te dink pogings om gevegte te beëindig kan eers weer begin as die konflik in Iran verby is. Hy het aan CNN gesê die oorlog in…
23 Apr 1AM 1 min