
SA Krieket-hoof gesels oor 11 Oktober
Loading player...
Net nege dae bly oor tot die hoogs verwagte stadion-opening by Krieket Namibië se nuwe tuisveld in Windhoek, waar die FNB Eagles teen die Proteas te staan sal kom. Die vraag na kaartjies was oorweldigend, met aanhangers wat gretig is om hierdie historiese wedstryd te beleef. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Krieket Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Jono Leaf-Wright, bevestig dat die Proteas voorberei vir wat beloof om 'n opwindende kragmeting te wees.

