#WeeksdaeVibesMetVenita - Joe F | 7 Oktober

Loading player...
Na vier jaar van kreatiewe stilte is Joe F terug — en hierdie keer bring hy iets besonders. #WeeksdaeVibesMetVenita gesels met hierdie talentvolle liedjieskrywer en sanger oor sy splinternuwe album, "Jy Weet" — ’n viering van lewe, liefde en lig wat die hart én voete laat beweeg. Joe deel meer oor sy groot skuif na Nieu-Seeland, hoe hy daar uiteindelik sy unieke klank gevind het, en die manier waarop hy nou die Afrikaanse kultuur aan ’n internasionale gehoor bekendstel. Hulle gesels ook oor die titel-lied en hoof enkelsnit “Jy Weet”, en vat dit terug na die ikoniese MK-era waar sy musiekreis begin het met "Hou My Vas".
7 Oct 2025 English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#ALT-Fokus - Basson Laas | 6 Augustus 

Basson Laas is hierdie week Venita se #HOOF-Fokus op #ALT-Fokus! Hy gesels oor sy nuutste enkelsnit 'Every River' en speel ook vir ons 'n paar liedjies LIVE in die ateljee. 
6 Aug 39 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Deon GROOT | 4 Augustus

Venita 'check in' by Deon Groot om vir hom 'n GROOT geluk te sê met sy SAMA nominasie vir Beste Pop Album. Hy vertel meer oor wat 'Seisoene' die album vir hom beteken het die afgelope jaar en wat hy nog beplan met sy musiek.
4 Aug 7 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Daniel John | 28 Julie 

Daniel John bring die VIBES op ‘n DANSdag!!! Hy gesels met Venita op #WeeksdaeVibes oor sy nuutste enkelsnit ‘Believer’ en gee ook ons die kans om EKSKLUSIEF na sy volgende enkelsnit ‘Somebody To Hold’ te luister!
28 Jul 32 min