GEE-week: Moeggesukkel & SA Cares

Loading player...
#MidOggend met Sarina se gesprek gee vir ons daardie HOOPstoot wat mens nodig het om aan te hou GEE. Sarina gesels met Jacques Papenfus, stigter van Moeggesukkel, Sanet Fagan, besturende direkteur van SA Cares for Life, en Liaune en Surisa van Atterbury Trust.
Jacques het gedeel hoe Moeggesukkel ’n toevlug geword het vir mense wat alles verloor het — nie net ’n dak oor hul kop nie, maar ook hoop. Hier word mense nie net gevoed nie; hulle word herstel. Daar is geleentheid om te werk, om weer deel te voel van die samelewing, en om met ondersteuning en waardigheid hul lewens te herbou.
Sanet van SA Cares for Life het die ander kant van die spektrum verteenwoordig: hulle werk met die heel kwesbaarstes — babas en kleuters. Met die ondersteuning van Atterbury Trust se Terugploeg-inisiatief sal van hul kleuterskole nou ook deel word van die voedingsprojek. Hier gaan dit oor meer as kos — dit gaan oor stabiliteit, liefde en ’n kans op ’n gesonde begin.
Wat alles saambring, is die rol van Atterbury Trust. Liaune en Surisa vertel hoe hulle skakels bou tussen organisasies, hulpbronne en mense. Wanneer Moeggesukkel en SA Cares for Life versterk word, word lewens verander. Dis nie net ondersteuning nie — dis vennootskap.
Vandag se gesprek was ’n herinnering dat hoop ’n werkwoord is.
✨ Wanneer mense saamstaan, word stories herskryf.
✨ Waar ander net ’n probleem sien, sien hierdie organisasies ’n mens.
En soms is dit al wat ’n mens nodig het — iemand wat glo daar is steeds ’n toekoms.
30 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Sarina gesels vrouegesondheid

Sarina gesels met Neliana Horn, Nasionale Kommersiële Bestuurder by Ethica oor Perimenopause en Menopause. Sy vertel hoe Sérélys MENO vroue help om die simptome van Perimenopause en Menopause, op ‘n nie-hormonale manier te behandel.
25 Aug 6AM 8 min

ABC van Ouerskap: O - Oudiologie

Ons kinders se gehoor speel ’n baie groter rol in hul ontwikkeling as wat ons soms besef. Van die eerste geluidjies en woorde tot taalontwikkeling en leer – goeie gehoor is ’n belangrike bousteen. Vandag gesels ons met oudioloog Izelle Neethling van Izelle Neethling Oudioloë oor kinders se gehoor en…
25 Aug 5AM 7 min

Emosioneel volwasse leierskap: Anja van Beek

'n Leier se emosionele volwassenheid beïnvloed veel meer as net die atmosfeer in die kantoor – dit bepaal hoe veilig mense voel, hoe konflikte hanteer word en selfs hoe produktief 'n span is. Sarina gesels met leierskaps- en HR-kenner Anja van Beek oor hoekom emosionele volwassenheid een van die belangrikste,…
21 Aug 6AM 14 min

Snoete-goete: Animal Ambulance

Daar is min dinge wat ’n mens se hart so breek soos ’n dier wat deur mense mishandel of verwaarloos is. Die Animal Ambulance bied al meer as twee dekades lank ’n veilige hawe vir hierdie diere, maar vandag is hulle self in ’n stryd om kop bo water te…
21 Aug 4AM 6 min

VERSKILMAKERS: Hartloop vir hoop

Van 1 September tot 9 Desember word HartLoop vir Hoop aangebied – 'n 100 dae lange uitdaging waar die doel is om saam 100 000 kilometer te stap en hardloop ten bate van Solidariteit Helpende Hand se Groter Centurion-streek. Liani Louw van Helpende Hand en Rupert van Vuuren van Green…
20 Aug 6AM 10 min