
Kommer oor Nsfas-voorsitter se bedanking, aantygings
Loading player...
Die DA het diep kommer uitgespreek oor die skielike bedanking van die voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Karen Stander. Stander het verwys na dreigemente, boeliegedrag en rassisme. Delmaine Christians van die party doen 'n beroep op minister Buti Manamela om voor die Parlement te verskyn om hierdie bewerings aan te spreek en stappe uiteen te lê om bestuur en vertroue te herstel. Christians sê die DA belowe om streng toesig te handhaaf om Nsfas-bestendigheid te verseker en studentefinansiering te beskerm:

