
Net paar vaartuie gaan baat by nuwe maasbankervangsone: vereniging
Loading player...
Die kabinet se besluit om visvangbeperkings vir onverwerkte maasbankervangste te verslap, kry sterk teenkanting van die plaaslike maasbankervereniging. Die nuwe maatreëls laat geselekteerde vaartuie toe om vir 12 maande vanaf 1 Mei nader aan die kus binne 'n diepte-beperking van 150 meter vis te vang en stel 'n eksklusiewe sone vir die vaartuie in. Kosmos 94.1 Nuus het met Johanna Shiweda, die voorsitter van die vereniging, gepraat wat waarsku dat dit byna 'n derde van Namibië se visvanggronde aan 'n paar operateurs kan oorhandig.

