Kultuurskok

Loading player...
Vir baie mense klink emigrasie dikwels na ‘n avontuur, met nuwe geleenthede en ‘n vars begin. Maar vir duisende Afrikaners is dit veel meer as net ‘n skuif op ‘n kaart en ‘n nuwe avontuur. Want aanpassing in ’n nuwe land is nie net papierwerk nie. Dis ‘n kultuurskok. In hierdie episode van GRENSLOSE GESELSIES, ‘n podsending van MyHartland, gesels ons met Sue-Ann de Wet van AfriForum Wêreldwyd oor hierdie uitdagings en aanpassing.
4 Nov 2025 Afrikaans South Africa Leisure · Kids & Family

Other recent episodes

Moedertaal-geankerde kinders in ’n nuwe omgewing

Wanneer ’n gesin emigreer, pak hy nie net sy tasse nie, hy pak ook sy taal en sy identiteit. Maar wat gebeur wanneer daardie TAAL stadig stil raak in die nuwe land? Wanneer ’n kind begin speel en droom in ’n ander taal as dié waarin sy ouma hom lief…
17 Apr 19 min

Hart tot hart saam met @Komyn & Komyntjie

Op sosiale media deel @Komyn & Komyntjie gereeld brokkies oor haar lewe – eerlik, eg, eenvoudig en met ‘n bietjie hoop. In vandag se episode van Grenslose Geselsies hoor gesels ons oor haar geloofspad, ma-wees in ‘n vreemde land, en hoe sy haar Afrikaanse identiteit verdiep het. Kom kuier saam.
29 Jan 23 min

'Huis is waar ons as gesin saam is'

Toe haar man vir meer as ‘n jaar gesukkel het om in Suid-Afrika werk te kry, is die Richardson-gesin gedwing om hul vlerke wyer uit te strek, en binne twee weke het haar man ‘n pos in Londen gehad. Terwyl hy daar vir sy gesin ‘n nuwe begin geskep het,…
17 Dec 2025 16 min