Afrikaners wat emigreer sê gereeld dat hulle in hul nuwe lande gekonfronteer word

Loading player...
Hoewel ouers in hul nuwe werkplekke hierdeur uitgedaag word, is dit juis ons kinders wat die meeste interne konflik hieroor ervaar. In hierdie episode van Grenslose Geselsies klop ons aan by dr. Wikus Buys met ʼn paar moeilike vrae oor geloofsbehoud, waardes en ons identiteit as Christene in ʼn nuwe wêreld.
23 Feb Afrikaans South Africa Leisure · Kids & Family

Other recent episodes

Moedertaal-geankerde kinders in ’n nuwe omgewing

Wanneer ’n gesin emigreer, pak hy nie net sy tasse nie, hy pak ook sy taal en sy identiteit. Maar wat gebeur wanneer daardie TAAL stadig stil raak in die nuwe land? Wanneer ’n kind begin speel en droom in ’n ander taal as dié waarin sy ouma hom lief…
17 Apr 19 min

Hart tot hart saam met @Komyn & Komyntjie

Op sosiale media deel @Komyn & Komyntjie gereeld brokkies oor haar lewe – eerlik, eg, eenvoudig en met ‘n bietjie hoop. In vandag se episode van Grenslose Geselsies hoor gesels ons oor haar geloofspad, ma-wees in ‘n vreemde land, en hoe sy haar Afrikaanse identiteit verdiep het. Kom kuier saam.
29 Jan 23 min

'Huis is waar ons as gesin saam is'

Toe haar man vir meer as ‘n jaar gesukkel het om in Suid-Afrika werk te kry, is die Richardson-gesin gedwing om hul vlerke wyer uit te strek, en binne twee weke het haar man ‘n pos in Londen gehad. Terwyl hy daar vir sy gesin ‘n nuwe begin geskep het,…
17 Dec 2025 16 min

Kersfees in twee lande – die ware lig in die vreemde

Dis Kersoggend. In Suid-Afrika word die tafels ná kerk gedek vir ’n tradisionele feesmaal van skaapboud, gebraaide aartappels en heerlike bykosse. Dis lekker warm buite, die kinders swem en hardloop kaalvoet op die gras. In Kanada word dit eers laat lig. Op die stoep lê die sneeu dik, en binne…
17 Dec 2025 12 min