
Eddie Jones vra optrede teen 'belaglike' rooikaarte
Loading player...
Rugby: Japan se hoofafrigter, Eddie Jones, het Wêreldrugby se huidige dissiplinêre raamwerk gekritiseer ná sy span se naelskraapse nederlaag van 24-23 teen Wallis in Cardiff. Drie Japanese spelers het geelkaarte gekry, terwyl die Walliese vleuel, Josh Adams, se geelkaart verander is na 'n rooie weens gevaarlike spel. Jones beskryf ook die Springbok-slot Franco Mostert se rooikaart vir 'n gevaarlike duikslag op Italië se losskakel, Paolo Garbisi, as belaglik:

