
Trump na veiligheid gehaas ná skietery by dinee
Loading player...
President Donald Trump en eerste dame Melania Trump is Saterdagaand inderhaas deur geheime diensagente uit die Withuis-korrespondentevereniging se dinee geneem, ná 'n man met 'n haelgeweer probeer het om die lokaal binne te kom. Die gewapende man het op 'n lid van die geheime diens geskiet wat nie beseer is nie. Die verdagte is 'n 31-jarige man van Los Angeles in Kalifornië. Hy word in 'n nabygeleë hospitaal behandel en is in polisie-aanhouding. Die geleentheid is deur 2 600 mense bygewoon en uiteindelik gekanselleer.

