
Gesondheidministerie besig om voorrade te versprei
Loading player...
Die ministerie van gesondheid het 'n nasionale tekort aan sommige medisyne en MIV-toetsstelle bevestig, maar sê nuwe voorrade word nou versprei. Uitvoerende direkteur Penda Ithindi het aan Kosmos 94.1 gesê dat die Panado-tekort voortspruit uit Fabupharm wat gedwing is om produksie te staak nadat hulle vir meer as 'n jaar sonder 'n geldige lisensie hul werksaamhede bedryf het.

