
VN stem vir tydelike internasionale mag in Gaza
Loading player...
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het ʼn resolusie deur Amerika aanvaar, wat ʼn vredesplan vir Gaza en ʼn tydelike internasionale mag in die gebied goedkeur. Dertien lande, insluitend Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Somalië, het die resolusie gesteun terwyl Rusland en China buite stemming gebly het. Die resolusie se doel is om internasionale legitimiteit te verleen aan president Donald Trump van Amerika se 20-punt Gaza-plan. Amerika se ambassadeur by die VN, Mike Waltz, sê die resolusie is ʼn belangrike stap na bestendigheid in Gaza:

