
Orano se ontsoutingsaanleg nog gesluit tot Donderdag
Loading player...
NamWater het onlangs 'n verklaring uitgereik om die inwoners van Swakopmund, Nonidas en Arandis, en omliggende gebiede, in kennis te stel van die tweejaarlikse onderhoudssluiting van die Orano-ontsoutingsaanleg. Die sluiting het Sondag begin en duur tot Donderdag om middernag. Gedurende die tydperk sal NamWater geen water aan die myne verskaf nie. Die enigste beskikbare water sal aan dorpe en gemeenskappe toegewy word. Die woordvoerder Lot Ndamanomhata verduidelik.

