Zuma-stigting waarsku SAID oor bekendmaking na Zuma se belastingrekords

Loading player...
Die JG Zuma-stigting sê hy waarsku die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en alle staatsinstellings om nie as wapens vir politieke doelwitte gebruik te word nie. Dit volg nadat die Inligtingsreguleerder die Inkomstediens opdrag gegee het om oudpresident Jacob Zuma se belastingrekord vir 2010 tot 2018 bekend te maak. Die reguleerder het bevind die Inkomstediens mag nie toegang weier tot die inligting wat versoek is nie. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê die Wet op Belastingadministrasie beheer belastingbetalers se inligting
18 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump na veiligheid gehaas ná skietery by dinee

President Donald Trump en eerste dame Melania Trump is Saterdagaand inderhaas deur geheime diensagente uit die Withuis-korrespondentevereniging se dinee geneem, ná 'n man met 'n haelgeweer probeer het om die lokaal binne te kom. Die gewapende man het op 'n lid van die geheime diens geskiet wat nie beseer is…
26 Apr 1AM 1 min

Kenner gee raad oor boskos

Die winter kruip nader en aandag verskuif na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Boere en bewaringsbewustes dink aan hoe die winter wild en vee beïnvloed, en of natuurlike voedselbronne genoeg is om hulle deur die koue maande te help. Kosmos 94.1 Nuus het met dr…
26 Apr 12AM 1 min

Eerste Savanna-vleis op pad na Europese tafels

Savanna Beef se eerste uitbesending van 24 ton bevrore beesvleis het Vrydagaand uit die Walvisbaaise hawe na Rotterdam vertrek. Dit volg ná die groep onlangs sy uitvoersertifisering na die Verenigde Koninkryk, Europese Unie en Europese Vryhandelsvereniging-markte bekom het en verslagting vir uitvoere sowat twee weke gelede begin het. Romé Mostert,…
25 Apr 6AM 1 min

Brandstofkrisis bedreig lugvaart in SAOG

Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika het ernstige kommer uitgespreek oor 'n groeiende stralerbrandstofkrisis wat lugreise regoor die SAOG-streek bedreig, met kritiese onsekerheid oor voorrade na Mei vanjaar. Die krisis spruit uit die konflik tussen die VSA, Israel en Iran, wat Golf-verskepings ontwrig het en stralerbrandstofpryse die hoogte laat inskiet het. Dit…
25 Apr 6AM 1 min

G'n genade vir xenofobiese aanvallers in SA, sê polisieministerie

Die ministerie van polisie het onlangse xenofobiese aanvalle en intimidasie van Ghanese en ander buitelandse burgers in Suid-Afrika, sterk veroordeel. Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê die dade is onwettig en druis in teen die land se grondwetlike waardes van waardigheid en menseregte. Die woordvoerder van die ministerie,…
25 Apr 4AM 1 min