
FIFA-pas gee visumafspraak-voorkeur aan Wêreldbekerkaartjiehouers
Loading player...
Sokker: Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, het in samewerking met die Amerikaanse Trump-administrasie die FIFA-voorkeur-afspraakskeduleringstelsel vir 2026 se Wêreldbekertoernooi bekendgestel. Die FIFA-pas bied Wêreldbeker-kaartjiehouers toegang tot voorkeur-visumonderhoude voor hulle aanland vir die toernooi, wat in Junie en Julie volgende jaar in Amerika, Kanada en Mexiko aangebied word. FIFA se president, Gianni Infantino, sê die pas sal verseker dat besoekers Amerika sonder probleme kan binnekom vir die wêreldvertoonstuk:

