
Theofelus prys regering se konnektiwiteit-pogings
Loading player...
Inligtingminister Emma Theofelus sê netwerkkonnektiwiteit landwyd het die afgelope vyf jaar verbeter. Sy voeg by die regering het alle diensverskaffers opdrag gegee om 'n minimum aflaaispoed van 25 megagrepe per sekonde te bied, in 'n poging om kliënte-ervarings te verbeter. Theofelus het gepraat by die opening van MTC se Divundu Mobile Home.

