
Sluipmoord op Madlanga-getuie
Loading player...
Die polisie het 'n soektog op tou gesit na huurmoordenaars wat "Getuie D" van die Madlanga-kommissie gisteraand in Brakpan, Ekurhuleni, doodgeskiet het. Getuie D het in November voor die kommissie getuig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement, Julius Mkhwanazi, by die oënskynlike toesmeer van 'n moord betrokke is. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê Getuie D het net na half-nege saam met sy vrou by sy huis aangekom is in sy bolyf geskiet toe hy die hek wou oopmaak. Sy vrou, wat 'n passasier in die motor was, is ongedeerd:

