
Sacky vra weer vir staking van Fishrot-verhoor
Loading player...
Die Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala het die hoërhof weer eens versoek om die verhoor te staak, met die argument dat dit nie kan voortgaan terwyl 'n aansoek om onttrekking van regter Marelize du Plessis onopgelos is nie, insluitend enige moontlike appèl na die Hooggeregshof. Advokaat Ileni Gebhardt, wat Ricardo Gustavo verteenwoordig, voer egter aan dat die hangende appèlaansoek nie outomaties die verrigtinge sonder 'n hofbevel stopsit nie.

